<%@LANGUAGE="VBSCRIPT" CODEPAGE="1252"%> Icembe Medical | Media
Click here to return to our homepage For information about our Directors - click here ... To view detailed information on our product range - visit this section. Our vision ... click here for more information. Use our online contact form to get in touch with us now ...
 
 
 

 

Bemagtiging skep farmaseutiese verspreider

Beeld
06 April 2005
By Petro Lowies

Bemagtiging in die farmaseutiese bedryf het ‘n hupstoot gekry met die bekendstelling van Icembe Medical, ‘n farmaseutiese verspreider waarvan 70% van die aandeelhounding in swart besit is.

Icembe is ‘n samewerkingsonderneming van Smith & Nephew en Corez Investment. Laasgenoemde lewer konsultasiedienste oor gesondheidskwessies aan die staat en die private sector, en word besit deur Dr. Sbu Mhlambi en me. Thandi Zulu.

Die farmaseutiese verspreider is Corez se eerste beleggingsonderneming. Volgens Mhlambi het hulle besluit om eerste in dié bedryf te belê aangesien dít is waar hul vaardighede en kennis lê.

“Daar sal definitief ook beleggings in ander bedrywe wees,” sê hy. Corez is die hoofaandeelhouer met 60% van die aandele en die Icembe Medical Werknemerstrust besit 10%. Smith & Nephew besit die oorblywende 30%.

Mhlambi sê hulle het goeie praktykkodes as riglyn gebruik om die transaksie te struktureer aangesien die gesondheidsbedryf nog nie ‘n handves het nie.

Icembe sal aanvanklik fokus op die bemarking van mediese produkte, veral gevorderde wondsorgprodukte, aan staatshospitale. Dié produkte kan hom sowat R50 miljoen in die sak bring. Daarna wil Icembe die bemarking en verspreiding na private hospitale en die oorsese mark uitbrei.

Hy het verskaffingsooreenkompste met Smith & Nephew en BSN Medical, maar beplan om dit na meer verskaffers uit te brei.